Solidariteit en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het aan ʼn oplossing gedink om matrikulante met hul akademie by te staan gedurende die verlengde vakansie wat as gevolg van die koronavirus aangekondig is.

SOS se aanlyn platform, Die Wolkskool, sal vanaf 31 Maart gratis lesse in verskeie vakke vir matrieks aanbied. Leerlinge kan inskakel deur op Solidariteit se Koronavirus-krisissentrum by https://corona.org.za/ te registreer.  Hierdie lesse sal volgens ʼn vaste rooster plaasvind.

Vakinhoud vir Wiskunde is ook van graad 4 – 12 beskikbaar.

Vir meer inligting, skakel om 13:00 in vir ʼn regstreekse uitsending op Facebook. Klik hier

Ons is hier vir ons kinders.